Ruhan du Toit live by Kapstadt Brauhaus Strand
Music
Wed, 26 Aug · 19:30 · Kapstadt Brauhaus Strand
Beach Road 99
R185
RUHAN DU TOIT is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van Pretoria. Hierdie gewilde musikant, met sy sjarmante, energieke verhoogpersoonlikheid en indrukwekkende vieroktaafstem, het oor die afgelope drie dekades diep spore in die plaaslike en internasionale musiekbedryf getrap, en is net so deel van die Afrikaanse kultuur soos biltong en koeksisters. Hy het in Port-Elizabeth grootgeword, reeds op die ouderdom van elf sy eerste solo-album uitgereik en is veral bekend vir sy uitsonderlike vertolking van die treffer, Sound of Silence, wat reeds meer as 11 miljoen kyke op YouTube gekry het. Oor die jare, het hy verskeie loopbaanhoogtepunte behaal, waaronder 4 enkelsnitte, 27 albums, waarvan 6 goue , 4 platinum & 1 Diamand -status bereik het, ’n Aitsa-toekenning in 2019, talle radiotreffers, asook optredes op verskeie groot en gewilde musiekverhoë, waaronder Innibos, Afrikaans is Groot en Lexus Pop Classics. Met ’n uitgebreide repertoire, wat strek oor sewe tale, het hy ook reeds internasionaal naam gemaak en het hy, onder andere, die geleentheid gehad om saam met die country-sanger, Kip Moore, ’n verhoog te deel. As veelsydige musikant, wat nie net sing nie maar ook verskeie instrumente kan speel, is hy net so gemaklik tydens ’n uitverkoopte stadion vertoning as rondom ’n intieme bosveldvuur met uitgesoekte gaste. Ruhan, met sy skerp humorsin en eerlike opregtheid, is ’n geliefde kunstenaar onder jonk en oud en hy is baie dankbaar vir die geleentheid om elke dag sy passie te kan uitleef en sy unieke talent met die wêreld te kan deel. Belangrike Informasie: Deure maak 18:00 oop. Die vertoning begin om 19:30 Kapstadt Brauhaus is 'n operationele Restaurant en nie 'n Teater nie. Kos en drankies word bedien tydens die vertoning.
Get tickets