Meesters & Meltdowns
Music
Fri, 25 Sept · 18:00 · 1 3rd St
1 3rd Street, Linden
R495
Linden Tuin Teater nooi jou uit na ’n besondere aand van musiek, nostalgie en pure Suid-Afrikaanse flair: Meesters & Meltdowns, ’n kabaret m et Lucinda Rosa Bosch (sang, verteller) en Wesley van der Westhuizen (klavier) . Kom raak deel van die Linden Tuin Teater-verhaal met hierdie vertoning onder die sterre, in die magie van ons pragtige, intieme tuin. Jou all-inclusive kaartjie sluit ’n geurige kaasbord en ’n verskeidenheid uitgesoekte wyne in om jou aand behoorlik mee te geniet. Beperkte sitplek beskikbaar, bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Belangrik: Daar is geen parkering by die venue beskikbaar nie. Ons vra vriendelik dat gaste asseblief van Uber of ander vervoer gebruik maak. Meesters & Meltdowns: Kunstenaars is net soos ons – selfs die groot meesters was nie verhewe bo ’n goeie ou meltdown nie! Lucinda Rosa Bosch (Die Melktert Kommissie) kombineer haar musiektalent en visuele verbeelding om episodes in die kunsgeskiedenis uit die verf te laat kom. Onder haar komiese vergrootglas is 12 meesters, onder andere Frida Kahlo, Picasso, Vincent van Gogh, Tretchikoff. Dié speelse produksie onthul die menslikheid agter die genialiteit – die passies, frustrasies en krake in hulle briljantheid – want uiteindelik is ons almal kunstenaars... en soms is ’n ineenstorting presies wat ons nodig het. Komposisies en musikale verwerking Lucinda Rosa Bosch, Wesley van der Westhuizen
Get tickets