Kristi Steyn: As Die Mooi Aan Ons Haak
Music
Fri, 04 Sept · 19:00 · Helpmekaar College, Die Aula
Empire Rd & Melle St, Johannesburg, 2001, South Africa, Johannesburg
R100
Oud Helpies, Kristi Steyn en Christian van Zyl bring die kunstefeeste na ons toe! As skrywer en komponis van haar kaberet wat te siene is by KKNK en Woordfees hierdie jaar. Kom geniet hierdie KANNA genomineerde stuk in ons eie Aula op 4 September om 19:00. As die mooi aan ons haak is ’n ode aan die stories wat ’n mens vorm. Dié produksie, met sy unieke jazz- en big band -klank, ondersoek kreatiwiteit, inspirasie en die mens se behoefte om te skep. Haar oorspronklike afrikaanse musiek, begelei deur klavier en tjello, verweef met gedigte, staaltjies en komiese stories in die style van Amanda Strydom en Nataniël. Sy gee stukkies van haar stories weg sodat die gehoor hulleself daarin kan vind. Dit is nie net die lelik wat ’n mens vorm nie, maar ook die mooi wat aan jou haak. Kom geniet 'n aand uit met liedjies en stories wat jou iets laat voel en herriner die lewe is mooi. Deure maak oop 18:30 Vertoning begin 19:00 Lees meer oor vertoning hier: https://www.citizen.co.za/rekord/news-headlines/local-news/2026/03/08/kristi-steyn-debuteer-met-karoo-kabaret/ Luister liedjies hier: https://album.link/Wortels_en_Woorde_Kristi_Steyn
Get tickets